Central SA
Thabo Mofutsanyana vaar goed met #Covid19-inentingsregistrasies─── BLAINE JONES 14:58 Thu, 28 Oct 2021
Meer as vyf ouderdomsgroepe is al toegelaat om te registreer en het inentings begin kry sedert die Nasionale Departement van Gesondheidsdienste registrasies vir die eerste groep, diegene ouer as 60, aangekondig het.
In die Vrystaat provinsie, het Mangaung slegs in een ouderdomsgroep die hoogste getal registrasies aangeteken. Die ouderdomsgroep van 35- tot 49-jariges het hier die meeste registrasies in die provinsie aangeteken. In drie van die ander ouderdomsgroepe, het die Thabo Mofutsanyana-distrik die beste gevaar. In die groep ouer as sestig, het Mantsopa die beste gevaar met 84% van die bevolking wat geregistreer het. In die ouderdomsgroep 50 - 59 het Setsoto die beste gevaar met 84% van die bevolking wat geregistreer het, in die ouderdomsgroep 18 - 34 het Phumelela die beste gevaar met 54%, en in die groep van 12 - 17-jariges het Kopanong in die Xhariep-distrik die beste gevaar met 13%.
Volgens die Vrystaatse Departement van Gesondheid, staan totale registrasies in die ouderdomsgroep van 12 tot 17-jariges tans op 11 265 vir die provinsie.
Die nasionale Departement van Gesondheid sê in 'n twiet dat die Vrystaat altesaam 163 297 bevestigde Covid-19-gevalle gehad het, asook 6 970 sterftes. Daar is tans 2 755 aktiewe gevalle. Suid-Afrika het in totaal 2 920 581 positiewe gevalle gehad, 89 049 sterftes en in die laaste 24 uur is 472 nuwe gevalle aangeteken.
Mondli Mvambi, woordvoerder van die Vrystaatse Gesondheidsdepartement, sê daar is 53 nuwe gevalle in die Mangaung-metro, 5 in Fezile Dabi, in Thabo Mofutsanyana, 10 in Lejweleputswa en 4 in Xhariep.
OFM-nuus
