On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

NK-inwoners vir jare sonder elektrisiteit - VIDEO

───   BLAINE JONES 10:47 Mon, 01 Nov 2021

NK-inwoners vir jare sonder elektrisiteit - VIDEO | News Article
VIDEOGREEP

Gefrustreerde inwoners van die Mahala-park informele nedersetting in Kimberley het hul woede en frustrasie uitgespreek oor hul voortdurende probleme met elektrisiteit.

'n Woedende inwoner by die informele nedersetting, Maria Brant, vertel aan OFM-nuus dat sommige inwoners al jare sonder elektrisiteit leef. Sy sê sy leef sonder elektrisiteit vir meer as 20 jaar. Brant en ander inwoners sê die enigste manier om elektrisiteit by die huis te hê, moet 'n mens krag trek met 'n verlenging wat aangelê word van 'n ander inwoner af.


"Ons het kragprobleme. Ons bly al jare in die shanties sonder krag. Ek is nou al 25 jaar sonder krag. Ons het nie elke dag geld nie, ons sukkel. Nou en dan het ons nie parrafiengeld nie en kan ons nie gas bekostig nie. Ons het 'n raadslid, maar ons is nie seker hoe ver dit in die [pyplyn] is nie," sê Brant.

Sy sê die grootste probleem waarmee die inwoners sit, is geen elektrisiteit nie. Intussen sê ’n ander inwoner van dieselfde area, Morine Mokokong, daar is baie kwessies waarmee hul gemeenskap sit, maar die grootste is elektrisiteit.


OFM-nuus/Blaine Jones en Lucky Nkuyane

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.