On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

VS departement nader staatspensioenfonds oor geldkrisis

───   CATHY DLODLO 15:24 Wed, 03 Nov 2021

VS departement nader staatspensioenfonds oor geldkrisis | News Article
PHOTO: iStock

Die Vrystaatse Departement van Samewerkende Regering het ‘n skrywe gerig aan die Staatspensioenfonds in ‘n desperate poging om die finansiële verknorsing van een van sy munisipaliteite aan te spreek.

Die krisis het nou al munisipale amptenare van die Kopanong Plaaslike Munisipaliteit – met sy hoofkwartiere in Trompsburg - vir sowat twee maande sonder salarisse gelaat. 

Hoof van die provinsale departement, Mokete Duma, het aan OFM-nuus gesê die departement se planne om die munisipaliteit uit te help is vroeër deur ‘n regsopinie gekortwiek. Hy sê die departement het nou die staatspensioenfonds gevra om die moontlikheid van ‘n ooreenkoms te oorweeg.

Die pensioenfonds het die munisipaliteit vir die uitstaande bydraes van werkers hof toe gesleep. Die hof het toe beslis dat die munisipaliteit se bankrekening gevries moet word. Eers wou die provinsiale regering die munisipaliteit help om salarisse te betaal deur die geld in die Distriksmunisipaliteit se rekening in te betaal, maar ingevolge ‘n regsopinie sal dit ‘n oortreding van die Wet op Finansiële Munisipale Bestuur wees.

Die munisipaliteit skuld miljoene in agterstallige bydraes aan die pensioenfonds. Alhoewel die aftrekking van die bydraes wel van amptenare se salarisse verhaal is, is dit nooit aan die pensioenfonds oorbetaal nie.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.