Central SA
Mev. Bfn-finalis reël gesprek oor lewensbedreigende siekte─── BLAINE JONES 10:25 Fri, 05 Nov 2021
Die Pulmonêre Hipertensie Organisasie van Suid-Afrika sal vanoggend die 'Chariots for PH champions'-veldtog vier.
Finalis van Mev. Bfn 2022, Elzarie Devenish, het aan OFM-nuus gesê vanoggend se geleentheid betrek sprekers in die Pulmonêre Hipertensie studieveld. Devenish sê die rede waarom sy besluit het om by dié organisasie betrokke te raak, is omdat dit baie naby aan die huis is. Die byeenkoms in Bloemfontein is slegs vir genooide gaste.
Devenish sê haar broer is op 33-jarige ouderdom met dié siekte gediagnoseer. Sy sê PH is 'n lewensbedreigende siekte en vereis dat 'n mens elke dag medikasie moet neem, sommige mense kry selfs aanvullende suurstof. “Die doel is dat die organisasie meer ondersteuning kry met hulpmiddele en medikasie vir die organasasie se PH-kliënte, juis omdat die medikasie so duur is,” sê Devenish.
PH is 'n siekte wat die are van die longe beïnvloed en enigiemand kan met dit gediagnoseer word, ongeag ouderdom, geslag, sosiale of etniese agtergrond.
OFM-nuus/Blaine Jones
