On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Central SA

Beurtkrag vang matriekleerlinge onkant

───   CATHY DLODLO 15:28 Mon, 08 Nov 2021

Beurtkrag vang matriekleerlinge onkant | News Article
Argieffoto: TimesLIVE/Shelley Christians

Beurtkrag het vandag matriekleerlinge onkant gevang toe die ligte afgegaan het net voordat die tyd verstreke was vir diegene wat hul wiskundevraestelle geskryf het.

Volgens ‘n kennisgewing van Grey-kollege, Bloemfontein, was meeste van die matrikulante reeds klaar toe die ligte onverwags afgegaan het en die saal waarin hulle geskryf het, amper in donkerte gelaat het. 

Volgens die kennisgewing het die beurtkrag vyf minute voor 12-uur vanmiddag ingeskop. Die skool sê meeste van diegene wat nog besig was, kon gelukkig in natuurlike lig klaar skryf. Die skool gaan van môre af herlaaibare ligte beskikbaar stel as ‘n noodmaatreël. 

OFM-nuus het ‘n navraag oor die impak van beurtkrag op die matriek-eksamen by die Vrystaatse Onderwysdepartement ingedien. Woordvoerder Howard Nbaba sê die departement voorsien nie enige ernstige ontwrigting van dié eksamen weens beurtkrag nie.


OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.