On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Moordsaak van polisiekonstabel hervat

───   07:09 Mon, 15 Nov 2021

Moordsaak van polisiekonstabel hervat  | News Article

Die moordsaak van Rosedale-polisiekonstabel Stefano Visagie is vandag weer in die Landdroshof, waar daar gehoop word dat DNS-uitslae gereed sal wees.

Die Nigeriër, Emanuel Okafor, word daarvan verdink dat hy Visagie in sy slaap in Lennertsville buite Keimoes met 'n mes vermoor het.

Die nie-regeringsorganisasie, Give Light, het kommer uitgespreek oor die agterstand in DNS-resultate, wat die verloop van die gereg vertraag en gesinne traumatiseer.

Die organisasie se Portia van Wyk sê hulle is bekommerd dat die saak van die rol geskrap kan word indien die DNS-uitslae nie vandag beskikbaar is nie.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.