Central SA
Gee jou studiedrome vlerke by Akademia─── 09:09 Tue, 16 Nov 2021
Sponsored09:09 Tue, 16 Nov 2021
Is jy onseker oor jou studieplanne vir 2022? Dit is nog nie te laat om jou studiedrome vlerke te gee nie. Akademia hou Saterdag, 20 November 2021 ’n virtuele inligtingsessie oor na-uurse studies. Vind verdere inligting aan die einde van die artikel.
Akademia is ’n hoëronderwysinstelling uit die Afrikaanse gemeenskap vir die Afrikaanse gemeenskap. Akademia streef daarna om beide hoogstaande opleiding sowel as diepgaande opvoeding te bied.
Akademia bied talle oplossings vir die duisende Afrikaanssprekendes wat in ’n vriendelike, verstaanbare, en gehalte omgewing onderrig in hulle moedertaal wil ontvang. Een van hierdie studentevriendelike opsies is die na-uurse onderrigleermodel wat die antwoord bied vir persone wat graag wil studeer, terwyl hulle werk of ander belangstellings najaag.
Vind meer uit hieroor tydens Akademia se inligtingsessie wat op Saterdag, 20 November 2021 tussen 10:00 en 11:00 aangebied word. Die sessie kan sommer aanlyn vanaf jou rusbank in die gemak van jou eie sitkamer bygewoon word. Klik hier om te registeer.
Wat kan jy van die inligtingsessie verwag? Voornemende studente sal toegerus word met voldoende inligting sodat hulle ’n ingeligte besluit kan neem oor na-uurse studie by Akademia. Daar sal ’n oorsig oor die instelling gegee word en die verskillende studiemoontlikhede sal van nader bekyk word. Tydens die sessie sal die klasopset ook verduidelik word, sowel as wat die aanlyn aansoekproses behels. Voornemende studente kan tydens die sessie vrae aan die aanbieder in die kletsgedeelte vra.
Ná bywoning van die inligtingsessie kan voornemende studente met ’n geruste hart hulle studieaansoek vir hulle gekose studierigting naatloos voltooi.
Die na-uurse model bied ’n gerieflike rooster vir enige persoon met ’n besige skedule wat steeds hul studiedrome wil nastreef, ongeag van waar hulle hulself tans bevind. Studente wat na-uurs by Akademia studeer het ’n keuse om vir klasbywoning by een van die landwye netwerk van studiesentrums aan te sluit, of om bloot via e-leer vanaf enige plek in die wêreld te studeer. Kom vind self meer hieroor uit.
Nou ja, waarvoor wag jy? Nooi jou ouers, kollegas en vriende om saam met jou by dié inligtingsessie in te skakel, want jou loopbaanreis begin hier. Voornemende studente wat die gratis inligtingsessie wil bywoon moet teen 12:00 op 19 November 2021 registreer om toegang tot die sessie te verkry. Klik hier om jou virtuele sitplek te bespreek.
Akademia, jou Afrikaanse studietuiste!
Mid-Morning Magic se Yolanda Maartens het met Pieter Jordaan, die studente-werwer by Akademia, gesels om meer uit te vind oor dié inligtingsessie. Luister hieronder:
