On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Donderstorms kan moontlik verligting van hitte bring

───   BLAINE JONES 12:14 Tue, 16 Nov 2021

Donderstorms kan moontlik verligting van hitte bring | News Article
PHOTO: Unsplash/Oriol Portell

Warm weerstoestande word vandeesweek in die Vrystaat verwag, met temperature in die lae tot middel dertigs, veral oor dele van Sentraal-Suid-Afrika, insluitend die Vrystaat en Noordwes, asook dele van die Noord-Kaap.

Volgens die weervoorspeller by die Suid-Afrikaanse Weerdiens, Wayne Venter, is daar 'n moontlikheid van donderbuie, wat hoofsaaklik van Woensdag en Donderdag oor die oostelike dele van die Vrystaat, asook die oostelike dele van Noordwes verwag word.

Vir die Bloemfontein-gebied, en westelike dele van die Vrystaat, word reënval hoofsaaklik van Sondag en volgende week Maandag verwag met 'n moontlikheid van donderstorms.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.