On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Vermeende dwelmhandelaar in NK vasgetrek

───   09:17 Sat, 20 Nov 2021

Vermeende dwelmhandelaar in NK vasgetrek  | News Article

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens in Keimoes, in die Kai !Gariep munisipale regsgebied, het 'n vermeende dwelmhandelaar in hegtenis geneem .

Dit, ná 'n jaagtog op die pad na Lutzputs, toe die verdagte beheer oor die voertuig verloor en in 'n boom vasgery het.

Woordvoerder Mashay Gamaldien sê die verdagte is deur twee polisiebeamptes, Schalk Oberholster en Louise Kotzé, gekonfronteer ná inligting dat dwelms via die Lutzputs-pad na Keimoes vervoer sou word.

Die 41-jarige, wat ligte beserings opgedoen het, is op die toneel in hegtenis geneem nadat Mandrax-tablette ter waarde van R19 000 in sy besit gekry is.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.