On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

Gesoekte verdagtes in Kby in hegtenis geneem

───   09:19 Sat, 20 Nov 2021

Gesoekte verdagtes in Kby in hegtenis geneem | News Article

'n Totaal van 17 gesoekte verdagtes is Vrydag in Kimberley in hegtenis geneem.

Die verdagtes - 13 mans en 4 vroue - is volgens polisiewoordvoerder Mashay Gamaldien gesoek ná bewerings van aanranding met die opset om ernstig te beseer, asook diefstal vanuit motorvoertuie, huisbraak en diefstal. 

Gamaldien sê 'n gesamentlike operasie is vroeg Vrydagoggend van stapel gestuur deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens, wat tot die inhegtenisnames gelei het. 

Die verdagtes gaan in aanhouding bly tot Maandag, wanneer hulle na verwagting in die hof gaan verskyn.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.