Central SA
Twee vas vir handel in bedreigde spesies─── 10:23 Sat, 20 Nov 2021
Twee mans van 23 en 50 jaar oud is in hegtenis geneem na 'n intensiewe operasie deur die Valke en lede van die Groen Skerpioene asook die nasionale Departement van Landbou, Grondsake en Landelike ontwikkeling.
Die mans word verdink van handel in bedreigde spesies, sowel as die oortreding van die Natuurbewaringswet Artikel 9 van 2009.
Die verdagtes is in hegtenis geneem na hulle voornemende kopers vir reptiele gesoek het.
Die Valke het dadelik 'n operasie by die Ashkam Diensstasie in die Kalahari naby Rietfontein van stapel gestuur, en die mans in besit van die reptiele (ter waarde van R80 000) betrap.
GPS toestelle, teleskope, drie selfone, en 6kg heroïen is ook in hulle besit gevind.
Valke woordvoerder, Nomtandazo Mnisi, sê die mans sal binnekort in die plaaslike landdroshof verskyn .
Die ondersoek duur voort.
OFM-nuus/Roderick Titus
