On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Leer meer oor Welkom se geskiedenis met nuwe app

───   BLAINE JONES 10:03 Tue, 23 Nov 2021

Leer meer oor Welkom se geskiedenis met nuwe app | News Article

Die stad van Welkom in die Vrystaat het onlangs 'n splinternuwe app of elektroniese toepassing gekry wat gebruikers in staat stel om die geskiedenis van Welkom te ontdek en te leer ken.

Die app, genaamd "Welkom History", is nou op die Google Play Store beskikbaar. Dit is verlede week amptelik beskikbaar gestel. Minstens 60 mense laai dit elke dag af en tot op hede het meer as 500 gebruikers die program op hul fone geïnstalleer.

Die app is deur James Mlambo ontwikkel, ‘n kurator van Welkom se geskiedenis. Hy sê die inisiatief het in 2018 begin en fokus daarop om die geskiedenis van Welkom te dokumenteer en te bewaar. Mlambo sê die app is vir mense om die geskiedenis van Welkom te ontdek en te leer ken. Mlambo sê mense kan deur hierdie app ingelig word oor die ryk geskiedenis van Welkom.

Mlambo sê as mense nie oor die verlede ingelig word nie, maak dit vir hulle dit moeilik om die toekoms te navigeer. Die app is amptelik verlede week beskikbaar gestel op Google Play. Mlambo sê hy is positief daaroor dat dit almal oor die geskiedenis van die stad sal opvoed.


OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.