Central SA
Vragmotor slaan om; lei tot verkeersknoop─── BLAINE JONES 12:19 Wed, 24 Nov 2021

‘n Vragmotor gelaai met goedere het vanoggend 'n ernstige verkeersopeenhoping veroorsaak na dit omgeslaan het op Nelson Mandela-rylaan in Bloemfontein.
Die ongeluk het vanoggend omstreeks 02:00 plaasgevind. Die vragmotorbestuurder, Deon van Der Merwe - wat nog op die toneel was - sê hy het beheer verloor nadat hy glo probeer het om 'n ander vragmotor wat stil gestaan het sonder enige ligte aan te vermy.
Die ongeluk het gelei tot talle motors wat in 'n verkeersknoop vir etlike ure vanoggend vasgesit het.
Van Der Merwe, van Oos London, en wat vir Odendaal vervoer werk, sê hy was onderweg na Johannesburg vir 'n aflewering aan die maatskapp, Johnson and Johnson.
Van der Merwe sê hy het van sy spiere in die ongeluk beseer, en hy het ook snye op sy arm en gesig opgedoen.
Hy sê die ander bestuurder het van die toneel gevlug.
OFM-nuus