On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Central SA

Pofadder moordverdagte steek regsverteenwoordiger in die pad

───   14:28 Wed, 24 Nov 2021

Pofadder moordverdagte steek regsverteenwoordiger in die pad | News Article

Enrich Williams, een van die beskuldigdes in die moord van Leon Brits – ‘n Pofader sakeman, deeltydse boer en hotel eienaar - het sy regverteenwoordiger in die pad gesteek.

Mojalefa Senokoatsane van die Nasionale Vervolgingsgesag sê Williams se regverteenwoordiger sou Jacques van Vuuren in die Streekshof in Upington onder kruisverhoor neem kort voor Williams gevra het om die Waarnemende Regter - Stanley Christopher O’Brien - toe te spreek.

Williams het die waarnemende regter meegedeel dat hy sy vertroue in sy regverteenwoordiger - Advokaat Malani Mothonsi - verloor het.

Die rede hiervoor is omdat hy volgens Williams nie behoorlik voorbereid was nie.

Hy het die hof versoek dat die regverteenwoordiger van sy medebeskuldigde Amantle Bareki - Advokaat Katlego Moribe - hom ook sal verteenwoordig.

Die hof is kort daarna verdaag en na hervating het Advokaat Moribe aan die waarnemende regter verduidelik dat hy Williams se versoek om hom te verteenwoordig aanvaar.

Regter O’Brien het Williams gemaan om nie die hof se tyd te mors nie.

Die verhoor duur voort.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.