CentralSA

Noordwes renosterhoring hofsaak uitgestel

───   14:30 Wed, 24 Nov 2021

Noordwes renosterhoring hofsaak uitgestel | News Article
Photo: Gallo

Die saak teen twee mans wat daarvan beskuldig word dat hulle onwettig renosterhorings vervoer het, is in die Molopo Landdroshof in Noordwes tot 11 Februarie aanstaande jaar uitgestel.

Mxolisi Maqoboza en Wells Motsamai Masigo het na bewering 17 renosterhorings ter waarde van meer as R5 miljoen van die Noord-Kaap na Noordwes onwettig vervoer.

Die Nasionale Vervolgingsgesag woordvoerder in Noordwes, Henry Mamothame, sê Maqoboza is ‘n amptenaar van die Noordwes Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Omgewingsake asook Toerisme, terwyl Masigo die eienaar van n veiligheidsmaatskappy is.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2021 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.


  Visit the official Covid-19 Portal  More Information
Visit the official Covid-19 Portal