On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Beroep op kalmte in Sol Plaatje Munisipaliteit

───   15:14 Wed, 24 Nov 2021

Beroep op kalmte in Sol Plaatje Munisipaliteit | News Article

Die Sol Plaatje Munisipaliteit in Kimberley in die Noord-Kaap het ‘n beroep op inwoners van die Riemvasmaak woongebied gedoen om geweldadige gedrag te staak.

Dit volg na inwoners gister tydens die inhuldigingsseremonie van die Uitvoerende Raad buitebande gebrand en vandag die pad by die sirkel versper het in protes teen elektrisiteitstekorte.

Sello Matsie van die munisipaleteit sê 298 erwe se elektrisiteitsaanleg sal Maandag voortgaan, na dit weens ‘n arbeidsgeskil gestaak was.

Hy voeg by inwoners moet die voorgeskrewe protokol volg wanneer hulle ontevrede is, en die nuutverkose raad die geleentheid gee om diensleweringskwessies aan te spreek.

Motoriste is gemaan om die pad naby die sirkel te vermy, en van alternatiewe roetes gebruik te maak.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.