On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

VS plaasaanval saak uitgestel

───   BLAINE JONES 12:12 Fri, 26 Nov 2021

VS plaasaanval saak uitgestel | News Article

Die saak teen 'n man wat teregstaan op aanklagte wat verband hou met 'n plaasaanval in Smithfield, sal op 28 Februarie 2022 in die Vrystaatse Hooggeregshof voortgaan.


Polisie woordvoerder, Motantsi Makhele, sê die 43-jarige Tshidiso Matsoele het vandeesweek sy eerste verskyning gemaak. Die plaasaanval het in Desember 2020 plaasgevind.

Daar word beweer dat hy betrokke was by die moord op Poenkie Bisset op die plaas Korhaanfontein in die Smithfield-distrik. Haar man, Arthur, het glo die oggend vanaf die plaas vertrek en met sy terugkeer het hy sy vrou dood langs haar voertuig gevind. 

Matsoele is dieselfde dag in hegtenis geneem. 

Die saak is uitgestel vir die ondersoekbeampte en forensiese spesialis om te getuig. Hy sal in aanhouding bly.

In 'n onverwante voorval is Petrus Ndlovu Woensdag in die Vrystaatse hooggeregshof tot 12 jaar direkte gevangenis straf gevonnis vir gewapende roof. Die slagoffer, Catrina Dlamini, bly op die Rietspruit-plaas in Vrede.

Makhele sê Ndlovu het aan die deur geklop en toe Dlamini oopmaak, het hy die huis binnegedring en haar en haar twee kinders van 10 en 12 jaar oud met 'n mes gedreig. Hy het hulle in 'n slaapkamer ingedwing en geld en bank kaarte met pinnommers geëis.

"Hy het hulle toe in die huis toegesluit en vertrek. Een van die kinders het dit reg gekry om haarself en ander los te maak en na die buurplaas gehardloop," sê Makhele.

OFM-Nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.