On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Hael tref Klerksdorp hospitaal

───   BLAINE JONES 12:24 Fri, 26 Nov 2021

Hael tref Klerksdorp hospitaal | News Article
Image: NW Play TV/Facebook

Die Tshepong Hospitaal in Jouberton buite Klerksdorp het oorstroom weens swaar reën en haelstorms wat oor die Matlosana Plaaslike Munisipaliteit uitgesak het.


Die woordvoerder van Noordwes se gesondheidsdepartement, Tebogo Lekgethwane, sê aan OFM-nuus dat die departement 'n span gestuur het om die Tshepong-hospitaal by te staan. 

Hy sê wel geen ernstige beserings of sterftes het as gevolg van die weer plaasgevind nie. 'n Inwoner van Klerksdorp, Maurizio Apples, sê verskeie besighede moes sluit weens beskadigde dakke en lekkasies. Appels sê strate is oorstroom wat 'n groot vertraging in die verkeer veroorsaak het. 

"Ten spyte van die skade, is dit goed om te sien hoe die gemeenskap saamwerk om mekaar te help," sê Appels.

Hy voeg verder by dat besighede in die gebied veral geraak is omdat dit vandag sogenaamde Black Friday is.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.