On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Central SA

Vier verskyn in hof vir kabeldiefstal

───   BLAINE JONES 13:40 Fri, 26 Nov 2021

Vier verskyn in hof vir kabeldiefstal | News Article

Die saak teen vier verdagtes wat op aanklagte van beweerde koperdiefstal in hegtenis geneem is, sal vandag in die Landdroshof in Brandfort begin.

Vrystaatse polisiewoordvoerder, Stephen Thakeng, sê koperkabel ter waarde van R45 000 is in die besit van die verdagtes, wat aan die Masilonyana-munisipaliteit behoort, gevind.

Die vier verdagtes van 27, 38, 47 en 57 jaar oud is gisteroggend in die vroeë oggendure in hegtenis geneem.

Een van die mans werk glo vir die munisipaliteit.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.