On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Voormalige Vrystaatse regsadviseur skuldig aan bedrog

───   BLAINE JONES 09:21 Wed, 01 Dec 2021

Voormalige Vrystaatse regsadviseur skuldig aan bedrog | News Article

Die bedrogsaak teen 'n voormalige regsadviseur van die Nketoane-munisipaliteit is tot 28 Januarie 2022 uitgestel vir vonnisoplegging in die Bethlehem-streekhof.

Die woordvoerder van die Valke in die Vrystaat, Christopher Singo, sê Mosebetsi Mofokeng is van bedrog aangekla, en is vroeër hierdie week skuldig bevind.

Mofokeng het van 2013 tot 2014 by die Nketoane-munisipaliteit as 'n regsverteenwoordiger vir die munisipaliteit gewerk. Hy was verantwoordelik vir die advisering van die burgemeester, sowel as werknemers, met regsaspekte.

Hy het ook vir sy eie voordeel kliënte in die strafhof verteenwoordig. Toe die munisipaliteit hom versoek het om sy kwalifikasie te toon, het hy egter bedank. Die saak is toe by die Valke aangemeld vir verdere ondersoek.

Mofokeng is in 2018 aangekla. Hy het by verskeie geleenthede in die hof verskyn tot sy onlangse skuldigbevinding.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.