Central SA
Twee in VS hof vir sonpaneel-diefstal─── BLAINE JONES 08:25 Thu, 02 Dec 2021
Die saak teen twee verdagtes wat vir die poging tot diefstal van sonpanele in hegtenis geneem is, sal Donderdag in die Petrus Steyn-landdroshof in die Vrystaat begin.
Die polisie is deur 'n boer ontbied wat drie verdagtes op die plaas opgemerk het terwyl hulle glo probeer het om sonpanele te steel. Polisiewoordvoerder, Mmako Mophiring, sê die twee verdagtes is deur die gebruik van nag-visie verkykers betrap. Fred Bertram van die Wexford Farm het die polisie in kennis gestel dat daar drie verdagtes op die plaas is.
Met hulle aankoms het hulle gate in die heining gevind wat oopgesny is. Naburige boere is ook in kennis gestel en 'n soektog het begin. Hulle het die verkyker gebruik en daarin geslaag om twee verdagtes op te spoor wat in hegtenis geneem is toe hulle probeer weghardloop het. Elke verdagte se sak is deurgesoek en hulle het items van 'n huisbraak in hul besit gevind. Die derde verdagte kon nie gevind word nie.
"Die twee verdagtes, wat 41 en 44 jaar oud is, sal na verwagting aangekla word,” sê Mophiring.
OFM-nuus
