Central SA
Weerdiens reik waarskuwing uit oor oorstroming─── 08:10 Sat, 04 Dec 2021
Inwoners van die Vrystaat, Noordwes, sowel as Mpumalanga en Gauteng - insluitend dele van KwaZulu-Natal en die Oos- en Wes-Kaap - is aangesê om op hulle hoede te wees vir oorstromings wat veral in laagliggende gebiede kan voorkom.
Reën het sedert gister in groot dele van die land begin val, en duur steeds voort.
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê hulle kyk veral na die Oos-Vrystaat en Suidelike dele van Noordwes, terwyl munisipaliteite aangeraai is om rampbestuurspanne op gereedheid te hou indien probleme wel ontstaan.
Erge donderbuie, gepaardgaande met swaar reën vir die oostelike dele van die Noord-Kaap asook Wes-Vrystaat en Noordwes, word van vandag tot môre verwag.
Celeste Fourie van die weerdiens sê mense moet versigtig wees, veral in laagliggende gebiede.
OFM-nuus/Roderick Titus
