Central SA
Werksverliese op die kaarte vir Vedanta─── 08:16 Sat, 04 Dec 2021
Die skeiding tussen Vedanta Zinc International en Aveng Moolmans kan werksverliese vir werknemers by die myn beteken.
Vedanta sê hulle kyk daarna om werkers by Gamsberg-myn in Aggeneys op te neem, wat deur die skeiding geraak kan word.
Vedanta sê die skeiding met Moolmans het gevolg nadat die partye nie ‘n ooreenkoms kon bereik om ‘n verminderde tonnemaat by die myn te hanteer nie.
Vedanta se sakehoof, Laxman Shekhawat, sê die besluit sal ‘n aantal werksverliese vir Moolmans tot gevolg hê.
Die $400 miljoen belegging by Gamsberg-myn is die grootste mynbouprojek in Suid-Afrika, met ‘n ertshulpbron van 214 miljoen ton.
3000 werkers is tydens 2018 by die Gamsberg-myn in diens geneem.
OFM-nuus/Roderick Titus
