On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

Talle verdagtes in NW in hegtenis geneem vir veiliger feesseisoen

───   BLAINE JONES 11:42 Tue, 07 Dec 2021

Talle verdagtes in NW in hegtenis geneem vir veiliger feesseisoen | News Article

In 'n poging om die gemeenskap te beskerm en misdaad gedurende hierdie feesseisoen te bestry het die polisie in Noordwes tussen 22 November en 6 Desember 2021 altesaam 251 verdagtes in hegtenis geneem.

Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, sê die verdagtes is in hegtenis geneem vir kontakmisdaad, eiendomsverwante misdaad, asook misdaad wat weens die polisie se optrede bekamp is tydens die veldtog wat in die provinsie uitgevoer is. Mokgwabone het aan OFM-nuus gesê dat sommige verdagtes in die hof verskyn het en dat hulle op hofdatums vir die mees onlangs aangekeerde verdagtes wag.

Verder bied die polisie bewusmakingsaksies aan en stuur veldtogte van stapel wat fokus op die voorkoming van misdaad teen kwesbare groepe, insluitend geslagsgebaseerde geweld en moord teenoor vroue, asook rooftogte. Dit word saam met lede van die Gemeenskap in Blou-inisiatief en Gemeenskapspatrollies gedoen om die publiek bewus te maak van hul veiligheid en sekuriteit en veilig te hou.

"Lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in die provinsie, in samewerking met ander wetstoepassingsagentskappe, is daartoe verbind om die welstand en veiligheid van alle Suid-Afrikaanse burgers gedurende hierdie feestyd te verseker," sê Sello Kwena, provinsiale kommissaris van Noordwes.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.