Central SA
Wees paraat by kitsbanke – SAPD─── 08:37 Wed, 08 Dec 2021
Inwoners van die Noord-Kaap word deur die polisie gemaan om paraat te wees wanneer hulle kitsbanke tydens die feestyd besoek.
Polisiewoordvoerder Mashay Gamieldien sê ‘n toename in misdaad - wat roof insluit - word gewoonlik hierdie tyd van die jaar by kitsbanke of in die omgewing van banke aangemeld.
Sy voeg by mense moet seker maak dat die omgewing veilig is, en op hul hoede moet wees vir enige verdagte persone naby kitsbanke.
Sy vra indien mense probleme by ‘n OTM ervaar, hulle geen hulp van enige persoon moet aanvaar nie.
Mense moet ook die banke wat afgeleë is en waar geen sekuriteit beskikbaar is nie, vermy.
Gamieldien sê verder dat mense eerder in kettingwinkels geld van kitsbanke moet onttrek.
Die polisie se sigbaarheid sal ook volgens Gamieldien tydens die feesgety in die Noord-Kaap opgeskerp word.
OFM-nuus/Roderick Titus
