Central SA
Verwydering van John Taole Gaetsewe-munisipaliteit se Speaker geëis─── 09:03 Wed, 08 Dec 2021
Die provinsiale voorsitter van die ANC in die Noord-Kaap, Deshi Ngxanga, sê bewerings van seksuele teistering teen die John Taole Gaetsewe-munisipaliteit se Speaker sal ondersoek word.
Dit volg ná eise dat die Speaker, wat verlede Vrydag 3 Desember in Kuruman ingesweer is, verwyder moet word.
Dit, ondanks sy ontslag uit die Departement van Sport, Kuns en Kultuur ná bewerings van seksuele teistering, asook viktimisasie.
Die departementele woordvoerder, Conrad Fortune, sê weens die sub judice-status van die beweerde voorval sal dit onprofessioneel wees vir die departement om kommentaar te lewer.
Die John Taole Gaetsewe Aktiviste Forum se Olebogeng Leserwane sê die Speaker moet weens die erns van die bewerings dadelik uit sy pos verwyder word.
Die Suid-Afrikaanse Studentekongres se Tshepang Baikedi eis ook dat die Speaker uit sy amp verwyder moet word.
OFM-nuus/Roderick Titus
