Central SA
Noord-Kaapse man weens beweerde geldwassery aangekeer─── 09:46 Wed, 08 Dec 2021
Die Valke in die Noord-Kaap het 'n 39-jarige man in hegtenis geneem op aanklagte van geldwassery ter waarde van R400 000.
Die SAPS se Direktoraat vir Prioriteitsmisdaad-ondersoeke, die Valke, sê die man wat na verwagting Donderdag in die landdroshof in Kuruman sal verskyn, het glo die geld onregmatig in Junie 2020 bekom van 'n beleggingskema wat tans ondersoek word.
Verdagtes betrokke by die Value FX-skema het inwoners glo onder valse voorwendsels betrek en só op ‘n bedrieglike wyse van hul swaarverdiende geld bekom. Die Valke se Nomtandazo Mnisi sê nog inhegtenisnames word verwag.
OFM-nuus/Roderick Titus
