Central SA
Nama Khoi kan wateronderbreking verwag─── 10:40 Wed, 08 Dec 2021
Inwoners van die Nama Khoi-munisipaliteit gaan, weens tegniese probleme by Sedibeng Water, 'n wateronderbreking ervaar.
Die watervoorsiener sê skade aan die pyplyn tussen die rivier-pompstasie en die Henkriesmond-pompstasie noodsaak die onderbreking. Verskeie dorpe - insluitend Concordia, Nababeep, Okiep en Bergsig - is van die dorpe wat deur die onderbreking geraak sal word.
Die munisipaliteit het 'n kennisgewing uitgestuur waarin hulle inwoners waarsku om voorsorgmaatreëls te tref, asook om nie water te vermors nie. Sedibeng Water gee aandag aan die probleem.
OFM-nuus/Roderick Titus
