On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

NK sluit matriekeksamens suksesvol af

───   BLAINE JONES 13:36 Wed, 08 Dec 2021

NK sluit matriekeksamens suksesvol af  | News Article
PHOTO: SABC News

Die 2021 Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen (NSS-eksamens) of matriekeksamen is suksesvol deur die Noord-Kaapse Departement van Onderwys geadministreer sonder enige voorvalle of ontwrigtings.

So sê die woordvoerder van die Noord-Kaapse onderwysdepartement, Geoffrey van der Merwe. In 'n verklaring wat deur die departement uitgereik is, het Van der Merwe alle skoolhoofde, skoolbestuurspanne en veral die eksamen-eenhede regoor die provinsie bedank vir hul toewyding en die wyse waarop hulle die NSS-eksamens geadministreer het - vry van enige onreëlmatighede.

Die departement die volgende fase van die NSS-eksamen betree, waar alle antwoordstelle gemerk sal word.

Die departement het vier nasiensentrums geïdentifiseer om voorsiening te maak vir die 1 289 personeellede. Die nasiensentrums maak op 10 Desember 2021 oop en antwoordstelle en vraestelle sal by nasiensentrums afgelewer word. Die vaslegging van punte sal tot 22 Desember 2021 plaasvind. Die Nasionale Minister van Basiese Onderwys sal op 20 Januarie 2022 'n perskonferensie hou om die nasionale resultate vry te stel. Die Noord-Kaap sal sy provinsiale uitslae op 21 Januarie 2022 bekend maak, wat gevolg sal word deur die matriektoekennings.

" 'n Deeglike proses is gedoen om gehalte-nasienwerk te verseker," sê Van der Merwe. Die nasienpersoneel is soos volg aangestel:

· 778 Nasieners

· 165 Senior-nasieners

· 81 Hoof-nasieners

· 22 Adjunk-nasieners

· 81 Interne nasieners

· 4 Sentrumbestuurders

· 8 Adjunksentrumbestuurders

· 150 Eksamen-assistente

 

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.