On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Toename in huisinbrake en motorkapings in VS

───   BLAINE JONES 14:27 Wed, 08 Dec 2021

Toename in huisinbrake en motorkapings in VS | News Article

Die polisie in die Vrystaat het 'n moeilike jaar gehad met huisinbrake en motorkapings, sê die SAPS se adjunk-distrikskommissaris van die Mangaung-metro, KJ Ramakotjo.

Hy sê daar was veral 'n toename van hierdie misdaad in Bloemspruit in die Vrystaat. Ramakotjo sê voertuie wat meestal geteiken word, is Toyota-dubbelkajuitvoertuie en Ford Rangers, maar in die algemeen wanneer misdadigers nie kan kry wat hulle soek nie, neem hulle enigiets. Hy sê minibusse word ook gesteel. Hy voeg verder by dat die enigste mag wat die polisie het, is om verdagtes in hegtenis te neem.

Dit kan egter nie gedoen word sonder die samewerking van die gemeenskap nie. OFM-nuus se Blaine Jones berig dat Ramakotjo sê in baie voorvalle word die polisie nie bewus gemaak van misdaad wat plaasvind nie, of tydens ‘n ondersoek lig gemeenskapslede nie altyd die polisie in van sekere gevalle nie.

OFM-nuus het voorheen berig die Veiliger Feesseisoen-bedrywighede sal tussen Desember 2021 tot 31 Januarie 2022 geïnisieer word. Ramakotjo sê die polisie moes hul strategieë hersien en dit is wat hul Veiliger Feesseisoen-bedrywighede behels. Hy sê tydens hierdie operasies moet die polisie ingelig word oor wat gebeur om te verhoed dat misdaad plaasvind.

"Die misbruik van drank en die misbruik van dwelms deur lede van die publiek is vir ons 'n groot bron van kommer. Sommige van hierdie slagoffers van kapings het van vermaaklikheidsplekke gekom waar hulle 'n paar gehad het. Sommige mense wat beroof is, het ook van vermaaklikheidsplekke gekom," sê Ramakotjo.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.