On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Verskeie klagte teen VS regering aanhangig gemaak

───   CATHY DLODLO 13:04 Thu, 09 Dec 2021

Verskeie klagte teen VS regering aanhangig gemaak | News Article

Die Openbare Dienskommissie in die Vrystaat het altesaam 14 klagte teen die provinsiale regering tydens die 2020/21-boekjaar geregistreer.

Die Provinsiale Kommissaris, Henk Boshoff, sê die klagte is geregistreer nadat hulle op die nasionale teenkorrupsielyn ontvang is. Die kommissie het van die klagte ondersoek, terwyl die ander na die spesifieke Vrystaatse Departemente verwys is om ondersoek te word. 

Die kommissie se jaarverslag vir dieselfde tydperk bevestig dat meer as 61 400 oproepe met klagtes ontvang is. 

Verslae oor altesaam 872 van die klagtes wat ondersoek is, is saamgestel. Boshoff sê klagte teen die Vrystaatse Regering het meestal gehandel oor onregmatige aankope en aanstellings van regeringsamptenare. Op ‘n nasionale vlak het klagtes meestal gehandel oor bedrog, omkopery, die misbruik van skoolfondse en nepotisme. Verskeie klagtes oor bedrog met welsynstoelae is ook aangemeld.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.