On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Hofsaak teen voormalige finansiële hoof van Nketoane-munisipaliteit uitgestel

───   BLAINE JONES 15:02 Thu, 09 Dec 2021

Hofsaak teen voormalige finansiële hoof van Nketoane-munisipaliteit uitgestel | News Article

Die saak teen die Nketoane-munisipalitiet se voormalige hoof finansiële beampte is tot 12 Januarie 2022 in die Bethlehem-streekhof uitgestel nadat die verdagte borgtog van R5 000 toegestaan is.

Christopher Singo, woordvoerder van die Valke, sê die voormalige finansiële hoof, Xolani Malindi (34), het Woensdag 8 Desember 2021 voor die Reitz-landdroshof verskyn op aanklagte van bedrog. Daar word beweer dat 'n vakante pos vir die munisipale bestuurder in Junie 2020 by die Nketoane Plaaslike Munisipaliteit geadverteer is.

Malindi het sy aansoek vir die pos ingedien. Daar is tydens die opstel van die kortlys ontdek dat die kwalifikasie wat aan sy aansoek aageheg het, waarskynlik bedrieglik is. Die saak is toe by die Valke in Bloemfontein aangemeld. Singo sê Malindi is Woensdag 8 Desember 2021 in hegtenis geneem.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.