Central SA
Weerlig tref Noord-Kaapse aftreeoord─── 16:39 Fri, 10 Dec 2021
Inwoners van die Minerva Gardens aftree-oord in die Noord-Kaapse hoofstad, Kimberley, is gister onkant gevang toe weerlig die gewel van 'n woonstelgebou op die perseel getref het.
Die gewel het skade aan 'n baksteenmuur veroorsaak, hoewel niemand egter beseer is nie.
Die voorval het volgens inligting plaasgevind kort nadat 'n swaar reënstorm oor die stad uitgesak het.
Adele Groenewald Shields, die oord se tesourier, sê hul versekeringsmaatskappy is reeds van die skade in kennis gestel.
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het 'n geel, vlak 2 waarskuwing uitgereik en inwoners gemaan om hulself teen sterk wind en swaar reën te beskerm.
OFM-nuus/Roderick Titus
