On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Kommer heers oor #Pelonomi pasiënte

───   CATHY DLODLO 11:24 Sat, 11 Dec 2021

Kommer heers oor #Pelonomi pasiënte | News Article

Kommer heers oor die welstand van pasiënte in die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein as gevolg van die voortslepende staking van hospitaalwerkers.

Verpleegpersoneel, skoonmakers en adminstratiewe personeel staak al sedert die begin van die week. Oorblywende mediese personeel sê die hospitaal is nou 'n gesondheidsrisiko. 

Pasiënte kan nie vir x-strale verwys word nie. Medikasie kan nie uitgedeel word nie en sommige sale is total sonder personeel. Die grootste probleem is egter dat die private maatskappy wat verantwoordelik is vir spyseniering,  glo nie naweke werk nie. Pasiënte gaan dus nie kos kry nie. 

LEER MEER: Pelonomi staff members issue management with ultimatum

Een anonieme bron het ook gesê baie pasiënte moet gevoer word. Operasies in en opnames by die hospitaal is ook tot stilstand geruk en pasiënte word nou na ander hospitale verwys en vervoer. 

Pelonomi is die amptelike trauma-hospitaal in die Vrystaat. Pasiënte het glo sedert die staking hulself ontslaan en huis toe gegaan, wat chaos kan veroorsaak as siek pasiënte in die Covid-19 afdelings huis toe gaan, sê van die oorblywende personeel. 

KYK: #BreakingNews: Pelonomi CEO moved aside

Vakante kliniese poste, en swak gesondheid en veiligeidsmaatreëls, is op van die stakende werkers se lys van klagtes. Intussen is die department tjoepstil oor die gesondhedskrisis.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.