Central SA
Dawid Kruiper-munisipaliteit bewus van Oranjerivier besoedeling─── 15:06 Tue, 14 Dec 2021
Die Dawid Kruiper-munisipaliteit sê dit is bewus van inligting rakende die besoedelde watergehalte van die Oranjerivier.
Die munisipaliteit se woordvoerder, Patrick Williams, sê die nodige maatreëls is reeds in plek om te verseker dat die kwaliteit van water wat in die netwerk verplaas word, nie hierdeur beïnvloed sal word nie.
Hy sê enige besoedeling van die Oranjerivier is ‘n ernstige kriminele oortreding en moet onmiddellik gerapporteer word.
Williams sê besproeiings- en gewasboerdery, insluitend huishoudings langs die stelsel, maak van die rivier gebruik vir hulle daaglikse bestaan.
Besoedeling veroorsaak dat menselewens in gevaar gestel word.
OFM-nuus/Roderick Titus
