On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Michael
Show Background
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret and John
Listen Live Streams

Central SA

Twee in NW hof oor OTM-misdaad

───   BLAINE JONES 06:47 Wed, 15 Dec 2021

Twee in NW hof oor OTM-misdaad | News Article

Twee verdagtes wat in hegtenis geneem is sal na verwagting Woensdag voor die Rustenburg landdroshof verskyn nadat hullo glo 'n OTM probeer op blaas het.


Polisiewoordvoerder in Noordwes, Amanda Funani sê die Marikana polisie het die twee verdagtes aangekeer, war hul ook in die besit van plofstof was. 

OFM-nuus het vroeër berig volgens inligting wat ontvang is, was die polisie in die vroeë oggendure gister besig met patrollies toe hulle twee mans naby OTM's opgemerk en genader het. 

Die twee het toe weggehardloop wat tot 'n jaagtog gelei het. Daarna het die polisie dit reg gekry om die mans vas te trek en hul sakke deur te soek.

Tydens die soektog is plofstof in die sakke gevind. Die polisie is terug na die OTM masjiene toe waar die mans aanvanklik opgemerk was en het ander plofstof gevind wat aan twee OTM masjiene gekoppel was.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.