On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Twee vas vir stroping in Noord-Kaap

───   14:11 Wed, 15 Dec 2021

Twee vas vir stroping in Noord-Kaap | News Article
Conophytums vetplante/Foto: Verskaf

Die polisie in Garies in die Noord-Kaap se Namakwa-streek het twee verdagtes in hegtenis geneem, nadat hulle in besit van bedreigde plantspesies ter waarde van R200 000 rand betrap is.

Die arestasie volg kort na die LUR vir Landbou, Grondsake, en Landelike Ontwikkeling - Mase Manopole - se week lange besoek aan die streek ter bewusmaking van die impak wat stroping op die plaaslike ekosisteem het.

Die polisie sê die verdagtes is op die N7 in hegtenis geneem, na beamptes hulle optrede tydens patrollies verdag gevind en gevolglik hul voertuig deursoek het.

Polisiewoordvoerder Sergio Kock sê die verdagtes, onderskeidelik 22 en 28 jaar oud, sal binnekort in die Springbok Landdroshof verskyn.

Die ondersoek duur voort.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.