Central SA
Vyf beseer in voertuie botsing─── BLAINE JONES 08:37 Thu, 16 Dec 2021
Drie voertuie was Woensdag op die N5, 5km van Kestel na Bethlehem in die Vrystaat, in 'n ongeluk betrokke.
Nooddienswoordvoerder van die provinsie, Sipho Towa sê drie mense is matig beseer. Towa sê twee is na die Manapo-hospitaal in Qwaqwa vervoer, en een na MediClinic Hoogland in Bethlehem.
Die toestand van alle betrokkenes is tans onbekend.
OFM-nuus
