On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

Gesondheid LUR ondersteun VS inenting inisiatief

───   BLAINE JONES 09:44 Thu, 16 Dec 2021

Gesondheid LUR ondersteun VS inenting inisiatief | News Article
Photo Supplied by: Free State Department of Health

Vrystaatse LUR vir Gesondheid, Montseng Tsiu, het hierdie week die Shell Ultra Pitstop op die N1 buite Bloemfontein besoek om die opstel van padveiligheidsgereedheid deur multidissiplinêre spanne van openbare en private mediese dienste te monitor.


Dit sluit brandweerdienste, reddingswerkers, rampbestuurders, verkeersbeamptes, polisie en ander vaardigheidstelle padvoorvalbestuur in. Die woordvoerder van die departement van gesondheid, Mondli Mvambi, sê Tsiu is gretig om dié dienste te versterk met die ontplooiing van inentings teen Covid-19 en primêre gesondheidsorgdiensverskaffers. Tsiu het aan OFM-nuus gesê die grootste uitdaging vir haar departement is die Omnicron-virus.


Dit is om te verseker dat die Arrive Alive-veldtog ondersteun word deur gesondheidsifting vir hoë bloeddruk, hipertensie, diabetes en die bevordering van gesonde leefstyle, terwyl inenting die sleutel is in reaksie op die wêreldwye pandemie met 'n muterende virus. OFM-nuus het met Tsiu gepraat wat sê die inentingstasie by Shell Ultra Pitstop is die eerste van sy soort en sal op die lange duur in die Vrystaat toegepas word. Tsiu sê die virus is hoogs aansteeklik en dit raak selfs gesondheidswerkers wat na verwagting na pasiënte sal omsien.


"Die Vrystaat het rekords gebreek om die pogings van billike dekking van inenting in sy bevolking te lei en is op koers om die 70%-teiken van inenting teen einde Desember te bereik. Daar moet egter op die eksterne bedreiging van verbyganger en besoekende mense gedurende die feestyd gereageer word," sê Mvambi.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.