On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Vyf dood in NW ongeluk

───   BLAINE JONES 07:30 Fri, 17 Dec 2021

Vyf dood in NW ongeluk | News Article

Die polisie in Swartruggens ondersoek 'n saak van strafbare manslag na die dood van vyf mense in 'n botsing tussen 'n vragmotor en 'n Volkswagen Polo Vivo.

Die Departement van Gemeenskapsveiligheid en Vervoerbestuur in Noordwes sê drie kinders en twee volwassenes, insluitend die bestuurder, is op die toneel dood verklaar, terwyl een kind na die Koster-hospitaal vervoer is vir mediese behandeling.

Die LUR vir die departement, Sello Lehari, het sy medelye uitgespreek na nuus van die ongeluk

Lehari het verder met padgebruikers gepleit om versigtig te wees. Hy sê om in die reën te ry kan baie gevaarlik wees. Hy doen ook 'n beroep op alle bestuurders om oplettend te wees wanneer hulle bestuur, nie net in die reën nie, maar ten alle tye. Hy voeg by wanneer jy op die pad is, jy nie net vir eie veiligheid verantwoordelik is nie, maar ook vir diegene wat dieselfde pad gebruik.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.