Central SA
13 dood in botsing─── BLAINE JONES 07:17 Sat, 18 Dec 2021
’n Noodlottige botsing tussen twee minibusse het vanoggend in die vroeë oggendure op die R57 tussen Reitz en Petrus Steyn in die Vrystaat plaasgevind.
Volgens die provinsie nooddienste se woordvoerder, Sipho Towa, is 13 mense op die toneel dood verklaar.
Die SAPD was op die toneel vir verdere ondersoeke na die ongeluk.
Motoriste word versoek om versigtig te wees wanneer hulle op die R57 roete ry.
Drie persone wat in die ongeluk betrokke was, is matig beseer, met een wat na die Dihlabeng hospitaal in Bethlehem vervoer is, en twee na die Nketoana hospitaal in Reitz.
Een is lig beseer en na die Nketoana-hospitaal vervoer.
OFM-nuus
