On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

Dwelms in koerier bakkie gevind

───   BLAINE JONES 07:21 Sat, 18 Dec 2021

Dwelms in koerier bakkie gevind | News Article
Foto: Verskaf

Die Noord-Kaapse SAPD se feestyd operasies het 'n sukses opgelewer toe daar op dwelms ter waarde van R175 000 beslag gelê is.

Volgens polisiewoordvoerder, Sergio Kock, het polisie-eenhede gister inligting oor dwelmhandel in die Port Nolloth omgewing opgevolg.

'n Koerierbakkie is voorgekeer en deursoek.

Die polisie het meer as 2500 Madrax tablette en 105 gram Tik gevind het wat versteek was in herlaaibare ligte wat in 13 bokse verpak was.

Niemand is in hegtenis geneem nie, maar die polisie het 'n ondersoek na die saak geloods.

Die ondersoek duur voort.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.