On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

Mangaung Metro aktiveer stad se rampbestuurseenheid

───   BLAINE JONES 07:37 Sat, 18 Dec 2021

Mangaung Metro aktiveer stad se rampbestuurseenheid | News Article

Die meeste gebiede van die Magaung Metro is die afgelope paar dae deur onder meer 'n haelstorm en swaar reën geraak.

In 'n verklaring wat deur die Munisipaliteit uitgereik is, na 'n vergadering wat gister gehou is, het die waarnemende Stadsbestuurder - Sello More - besluit om die stad se brand- en reddingspanne te aktiveer om te help met die omvang van geaffekteerde gebiede.

Die Metro sê Eskom is ook aan boord gebring om te help met elektrisiteit in die geaffekteerde gebiede.

Die Munisipaliteit sê hulle sal hulself daartoe verbind om huishoudings in nood by te staan, en het inwoners aangemoedig om - waar moontlik - kanale te skep om water uit die erwe te lei.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het meer reën teen die komende naweek voorspel. Die stad se rampbestuurspan sal op bystand wees om te help.



OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.