Central SA
Twee betrap met Mandrax─── 08:41 Sat, 18 Dec 2021
Foto: Verskaf
Die Noord-Kaapse polisie het twee verdagtes, van onderskeidelik 28 en 22 jaar oud, in Brandvlei in hegtenis geneem.
Dit, nadat 18 Mandrax tablette asook 25 kwart Mandrax tablette en 5 halwes in hulle besit gevind is.
Luidens polisiewoordvoerder Sergio Kock het die polisie 'n wenk opgevolg, en die verdagtes - 'n man en vrou - se huis deursoek.
Volgens Kock sal die verdagtes Maandag in die plaaslike Landdroshof verskyn.
OFM-nuus/Roderick Titus
