On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Ses vas vir gewapende roof

───   11:14 Sun, 19 Dec 2021

Ses vas vir gewapende roof | News Article

Die saak teen ses verdagtes in ‘n gewapende roof sal Maandag in Port Nolloth voortgaan.

Dit, nadat die polisie op Springbok Woendag ses mans vasgetrek het wat vermoedelik by die rooftog in Kleinzee betrokke was.

Volgens polisiewoordvoerder Sergio Kock is ’n sakeman en sy gesin met ‘n vuurwapen gedreig en met kabelbande vasgebind.

Hierna is verskeie items soos klere, juweliersware, selfone, diamante, en kontant geroof, sowel as ’n Ford bakkie.

Die ses is later vasgetrek en die bakkie, geld en die gesteelde items teruggevind.

Volgens Kock, het die Valke nou die saak by die polisie oorgeneem.


OFM News/Isaac Mosia

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.