On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Dogter word verhoor vir gesinsmoord

───   BLAINE JONES 11:26 Mon, 20 Dec 2021

Dogter word verhoor vir gesinsmoord | News Article

’n 20-jarige verdagte wat glo huurmoordenaars genader het om haar ouers, broer, en suster te vermoor, sal na verwagting vandag in die Brits-landdroshof verskyn op vyf aanklagte van moord.

Die beskuldigde sal na verwagting saam met die twee vermeende huurmoordenaars verskyn. Noordwes-polisiewoordvoerder, Amanda Funani, sê die twee mans is Vrydag en Saterdag in Brits en Soshanguve onderskeidelik in hegtenis geneem.

Dit, na die dogter by die Mmakau polisiestasie erken het dat sy haar familielede vermoor het.

Die polisie het gevolglik het die polisie die lewelose liggame van 'n 42-jarige pa (wat 'n polisiebeampte was), sy vrou (40), hul swanger dogter (18), en seun (6)gevind.

Die dogter en die twee verdagtes, albei 23 jaar oud, staan tereg op vyf aanklagte van moord en gewapende roof.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.