On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Dodetal styd tot 14 na VS botsing

───   BLAINE JONES 07:21 Tue, 21 Dec 2021

Dodetal styd tot 14 na VS botsing | News Article
LUR vir Polisie, Paaie en Vervoer in die Vrystaat, William Bulwane/Foto: OFM-nuus

Altesaam veertien mense is dood na 'n botsing tussen twee voertuie op die R57-pad tussen Reitz en Petrus Steyn in die Vrystaat, in die vroeë oggendure van Saterdag, 18 Desember 2021.

Woordvoerder vir die departement van polisie, paaie en vervoer, Hillary Mophethe, sê die nuutste slagoffer - wat kritiek beseer was - het aan haar beserings in die hospitaal beswyk.

Dertien mense, insluitend sewe vroue en ses mans, is op die toneel dood verklaar.

Vier mense is na die Nketoana- en Dihlabeng-hospitale vervoer.

Volgens nooddienste woordvoerder, Sipho Towa, kan die name van die oorledenes tans nog nie bekend gemaak word nie, ter wille van die families.

Drie persone is ook ernstige beseer in die botsing.

Die LUR vir Polisie, Paaie en Vervoer in die Vrystaat, William Bulwane, het sy meegevoel aan die families van die oorledenes uitgespreek en die beseerdes 'n spoedige herstel toegewens.

Hy het verder ’n beroep op padgebruikers gedoen om ekstra waaksaam te wees oor die feestyd en persoonlike verantwoordelikheid vir hul gedrag op die pad te aanvaar.

"Ry binne die spoedgrens, verminder jou spoed onder toestande wat ongunstige weer behels en waar sigbaarheid benadeel word, veral in die aand. Moet nie drink of SMS en bestuur nie. Wees altyd waaksaam, gordel vas, en wees op die uitkyk vir voetgangers. Dit is 'n tyd van feesviering saam met ons geliefdes. Laat ons dit nie in ’n tyd van berou en hartseer verander nie,” het Bulwane gesê.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.