Central SA
Noord-Kaap betree vierde #Covid-19 vlaag: Premier─── 07:37 Tue, 21 Dec 2021
Die Premier van die Noord-Kaap, Dr. Zamani Saul, sê ‘n toename in Covid-19 infeksies in die provinsie word verwag.
Saul het in Kimberley gesê die verwagte toevlaag van vakansiegangers en reisigers tussen die provinsie se distrikte is die rede hiervoor.
Die Premier se ‘n toename in alle streke, met die uitsondering van die Namakwa-streek, is reeds opgemerk.
Dit, na 411 gevalle per dag vroeër aangemeld is.
Dit verteenwoordig ‘n 304% styging in gevalle.
Hy sê op 19 Desember vanjaar het die Noord-Kaap 98 137 gevalle aangemeld sedert die begin van die pandemie, dat die provinsie aan die einde van die derde golf ‘n gemideld van 39 nuwe infeksies aangeteken het vergeleke met die huidige 411.
Saul sê die Noord-Kaap is tans in sy vierde vlaag, en vra dat inwoners hulself moet beskerm deur die inenting te ontvang.
OFM-nuus/Roderick Titus
