On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Cele besoek Noord-Kaap

───   BLAINE JONES 07:38 Tue, 21 Dec 2021

Cele besoek Noord-Kaap  | News Article
Minister van polisie, Bheki Cele.

Die minister van polisie, Bheki Cele, sal vandag die Noord-Kaap besoek.

Luidens 'n verklaring wat deur die polisie verskaf is, vorm die besoek deel van pogings deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) om hulpbronne te kanaliseer na gebiede waar dit die nodigste is.

Dit is om te verseker dat die polisie misdaad tydens die vakansieseisoen beslissend hanteer.

Cele sal saam met nasionale en provinsiale SAPD-bestuurspanne die doeltreffendheid van die Veiliger Feesseisoen-planne beoordeel, om te verseker dat inwoners en vakansiegangers veilig is en voel gedurende die vakansieseisoen.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.