Central SA
NK-verdagte in NW in hegtenis geneem─── 11:32 Fri, 24 Dec 2021
Die polisie in Kuruman in die Noord-Kaap het 'n huisbraak- en diefstalverdagte ná 'n intensiewe opsporingsoperasie in Potchefstroom in Noordwes in hegtenis geneem.
Die polisiewoordvoerder, Sergio Kock, sê die verdagte is na die Noord-Kaap teruggebring waar hy tereg sal staan op aanklagtes wat diefstal vanuit motorvoertuie insluit.
OFM-nuus/Roderick Titus
